Henning & Elinda

Bosduifklip

May 2017

Elinda & Henning se troue was ‘n pragtige en spesiale dag, dit was so lekker gewees om deel te wees daarvan 🙂

Hulle verlowing: “Na ‘n besige Saterdag van werk het hy besluit ons moet see toe gaan. Vriende bel toe om te vra of ons hulle nie kan kom help want hulle kar het gebreek by Kirstenbosch tuine so toe verander ons ons roete daai kant toe. Net voor die tuine bel hulle weer om te sê hulle seuntjie wil nog speel so toe gaan ons maar na ons ‘spot’ nie te ver daarvan af nie. Daar gekom, loop ons op in die woud en gaan sit op ‘n stomp wat oor ‘n stroompie lê en begin aan die gesels raak. Die arme man vra vreeslik uit oor hoe my dag was seker maar net om moed op te bou om toe uiteindelik die vraag te vra, begin hy toe so: “My lief, is jy regtig lief vir my?” Met ‘n vraagteken gesiggie kyk ek hom aan en sê “natuurlik!! Watter vraag is dit?”. Hy klim toe van die stomp af en gaan op sy knie neer en begin baie bewerig ‘n boksie uit sy broeksak haal. Hy maak dit oop en kyk op in my oë en vra: “Sal jy my die gelukkigste man maak en met my trou my skat?” My hart klop in my keel so ek kon nie dadelik ‘n antwoord uitkry nie. Hy vra my toe wat my antwoord is en met die breedste glimlag sê ek toe “Ja”. Natuurlik is dit toe ‘n gedruk en ‘n gesoen en eweskielik sê ek vir hom: “Jy het vergeet om iemand te kry om dit af te neem”. Sy woorde was: “Of het ek?” En hy fluit toe en daar kom die vriende van ons ‘wie se kar gebreek het’ agter die bosse uit met ‘n kamera, vonkelwyn en eet goedjies. Saam met vriende en familie het ons dit toe die res van die aand gevier. Wat ‘n wonderlike dag!”

Service Providers: DJ: Southern Sound; Dress: Ever After Bridal; Make up: Andrea Hurter; Hair: Alycia Olivier; Decor and Flowers: Weaverbirds; Catering: Bosduifklip; Groom suit: Mr Suit hire

Review from the couple: “It was an absolute pleasure working with Coba. Her calmness makes you so comfortable in front of the camera and her beautiful personality makes you feel like you’ve known her forever. Thank you so much for all your hard work on our special day. Could not have chosen a better photographer!!”

CLICK HERE TO VIEW THEIR GALLERY WITH MORE PHOTOS.

  

I love the photo below; I got the split-second moment of the champagne popping. And I also love Henning & Elinda’s expressions 😉

Hands up for the DJ 🙂

 

6 Shares

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *