Alluvia Wedding Venue | Regert & Annami
Regert & Annami at Alluvia Wedding Venue
There’s something magical about a wedding nestled among the rolling vineyards of Stellenbosch, and Regert & Annami’s special day at Alluvia was nothing short of enchanting. From the golden hues of the Cape Winelands to the intimate moments shared between the couple, every detail spoke of love, joy, and the beginning of a beautiful new chapter. As their photographer, I had the honor of capturing the raw emotions, laughter, and breathtaking scenery that made their wedding truly unforgettable. Let’s dive into the story of their day, one frame at a time.
I love the story of how Regert & Annami met, it is out of movie scene: “Ons het in ‘n klein dorpie Rhodes, in die Oos-Kaap, ontmoet. Twee weke voor ek hom ontmoet het, het ek ‘n werksgeleentheid aanvaar in die Wes-Kaap (die Here het met ‘n plan gewerk). Ek kom van Rhodes af en Regert se se suster het met ‘n boer van my omgewing getrou. Regert en sy ouers het ons dorpie kom besoek en op daardie stadium het ek in die hotel op die dorp gewerk as die eienaar se assisstent. Ek was besig om glase reg te pak, want ons het ‘n blomme groep verwag. Dis toe ek die deur hoor oop gaan en toe ek omdraai staan Regert daar. Ons het mekaar se voete onder mekaar uitgeslaan. Hy en sy ouers het die aand daar geëet en ons het nommers geruil na die tyd. Ons het begin gesels en toe ek Wes-Kaap toe kom, het ons begin uitgaan.”
And their engagement was just as sweet: “Ek het geen idee gehad nie! Ek het voor die verlowing nog nooit Regert se beste vriend Geo se meisie Kath ontmoet nie. Hulle beplan toe eintlik al maande aan die verlowing, maar spin vir my ‘n storie dat die tweetjies gepraat het en dis tyd dat ek en Kath mekaar ontmoet. Ons reel toe ‘n naweek in Hermanus. Ek kom nie van die Wes-Kaap af nie, so ek weet nie regtig hoe die paaie werk nie, Regert sê toe vir my dit sal makliker wees as ek saam Kath ry wat van Stellenbosch af ry. Omdat ek nie vir Kath ken nie, sal ek ook nie weet of daar iets vreemds aan die gang is nie. Soos ons Hermanus toe ry (dit was net na die vloede) sit ons in verskriklike verkeer vas. Eventueel raak dit aand, hulle bel toe en sê dis Loadshedding so ons moet sommer iewers gaan eet. Ons stop toe by sulke bosse naby die see (dit het baie verdag gelyk), Geo het my en Kath by die kar gekry en gesê dis ‘n nuwe beachbar want die ou een het weg gespoel. Ons stap toe by ‘n paadjie af (wat ook verspoel het) en dis toe ek die teken “will you mary me” sien. Kath is engels, ek het aanvanklik gedink dis sy wat verloof word, maar toe sien ek vir Regert daar staan en toe ek omdraai toe staan Kath en Geo al ‘n rukkie agter my stil. Regert het my toe nader na die plekkie wat hy mooi gemaak het gebring en op een knieg af gesak. Nadat hy my gevra het, het hy gese hy het nog ‘n verassing vir my, toe ek omdraai toe kom al ons goeie vriende uit die bosse uit.”
Service providers: DJ: @carl.louw, MUAH @mariskavlokmakeuphair, Dress: Elsabe Minnaar & Annalie Bower, Cake: Catherine Erasmus, Other: @somethingborrowedct, 2nd Photographer: Ashleigh Swartz
Click here to read more about my wedding photography experience.