Grant & Elzaan

Laatson Onthale

“As ek terugkyk na ons jare saam was daar nie een spesifieke oomblik wat ek besef het Grant is DIE een nie…daar was klomp klein oomblikke waar Grant my hart stukkie vir stukkie gesteel en my volle vertroue gewen het. Grant is werklik my grootste ondersteuner, my beste vriend, my verloofde, my droomman en my sielsgenoot. Ons het al ontelbare mooi oomblike saam gedeel en my hart loop oor van vreugde as dink aan die groot drome en planne wat ons gemaak het vir ons toekoms saam.” – Elzaan

Venue: Laatson Porterville; Decor: All things wedding & Sitting Pretty; Blomme: Lizbeth & ME (Salome Jordaan); Cake: Luzaan Hough; DJ:Juan Steyn (DJ Joe) Dress: Elizabeth Stockenstrom;Make-up & Hair: Laatson Skoonheid (Lindy van Schalkwyk);, Bridesmaids dresses: Chanelle Wright; Videographer: Secondluke Films; Stationery: Something Gold Design Studio (Hanri van den Berg), Red Hare Design, Busy Lizzy Creations & JC Click; Rings: Pand deur Shimansky & hoofdiamant Diamond Corporation Wolf Brothers Jewellers; Strikdasse: My Bro Tie; Haar Bykomstighede: Kathleen Barry

 

“Ek het geweet Elzaan is die een vir my van die eerste dag wat ek haar ontmoet het. Die manier hoe sy my laat voel as ek met haar is en die leemte wat ek voel as ons nie saam is nie het my gou laat besef ek kan nie sonder haar nie. Elzaan maak my baie gelukkig en was nogaltyd daar vir my deur dik en deur dun. Al het wat gebeur of verander in ons lewens was ons altyd daar vir mekaar. Sy beteken so baie vir my en het als so baie vir my gedoen. Ek besef elke dag net meer en meer dat ek eendag oud wil word saam met haar” – Grant

   

“Toe Grant besluit het om vir my die groot vraag te vra het hy reeds geweet ek sal ‘n intieme romantiese verlowing die heel meeste waardeer. Na hy vele opsies oorweeg het, het Grant besluit om my te neem op ‘n piekniek vir twee in die Kaappunt Natuurreservaat. Na ons die natuurskoon, die hoë uitkykpunte en later ook die ou lughuis verken het, het Grant teen son onder uiteindelik sy piekniekmandjie op die strand uitgepak en op een knie vir my gevra om te trou. Ek het natuurlik “ja” gese! Alles was perfek en meer as wat ek ooit van kon droom (al moes ek bietjie lank wag vir dié groot vraag).”

Advice to those planning their wedding: “Dit is julle dag besluit saam wat julle ideale vir julle troudag is… luister na ander se advies maar maak finale besluite wat beste by julle twee pas. Doen ook mooi navorsing voor julle defnitief op diensverskaffers besluit. Maak seker wanneer julle ‘n kwotasie kry, julle weet wat is ingesluit en wat nie. Geniet elke oomblik want dit gaan regtig so vinnig verby.”

   

0 Shares

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *