Frans-Hendrik & Dalene – Zorgvliet

wedding at zorgvliet - coba photography

The Wedding of Frans-Hendrik & Danele at Zorgvliet in Stellenbosch.

A lot of happy tears at this magical wedding!

How they knew they were meant for each other: “Toe FH die eerste keer vir Dalene soen het hy geweet daar is groot moeilikheid! Toe FH vir Dalene ‘n roos en uilveertjie gee vir Valentynsdag 2018 het Dalene se ma, Marietjie, geweet hy is die een! (Dalene tel al vere op vandat sy ‘n klein dogtertjie is, vir Ma is dit dus ‘n groot teken. D het hierdie feit ook op daardie stadium nog nie aan FH genoem nie). Toe hulle op 10 Maart vir mekaar sê “ek is lief vir jou” was Dalene oortuig dat sy hierdie woorde vir altyd vir FH wil sê.

Ons wil ook noem dat ons van universiteitsdae af ‘n spesiale plekkie vir mekaar gehad het: Al was ons nooit so close dat ons alleen sou gaan koffie drink nie, het FH wel ‘n keer deur Opskop se venster geklim om vinniger by Dalene uit te kom (die rye was heeltemal te lank) en het Dalene altyd daarna uitgesien om Sondagaande na kerk saam met Die Eendrag Manne koffie te drink…”

Their proposal story (you want to read this, I promise!): 

“In November 2019 het ons tweetjies binne ‘n naweek ‘n trip na die suide van Mosambiek beplan – Sondagaand klaar gereël en Dinsdagmiddag vertrek ons. Die aanvang was vol drama: eers duik daar groot krisisse by die werk op en Dalene is laat, vergeet haar foon tuis en hulle verpas byna die vlug. Toe word die vlug wel vertraag, ons land veel later as beplan in JHB en daar is boonop drama met die verhuring van die motor (in plaas van ‘n lekker bakkie, ry ons daar weg met ‘n blinkstefaans-Nissan met glitter in sy verf, nie die tipe voertuig waarmee ons Mosam se potholes en bosse wou aandurf nie).

Ons kon darem by die PnP inhardloop 2 min voor dit sluit, ons bestelling optel en “Reggies Rush”-styl deur die winkel hardloop en die laaste vars goed kies. Dit was spannend! Die foonlose Dalene het die eerste aand se bespreking gemaak, kon ook nie die plek waar ons die aand moes bly in die hande kry nie. Gelukkig is Lekkeslaap “op dit” en ons kon darem by ons verblyf in Nelspruit uitkom. Die volgende oggend steek ons die grens oor en die blou discobal trek heeltemal te veel aandag, maar bribes word darem vermy deur ons dom te hou en net geduldig te wees. Die bedoeling was dat ons moes voëls kyk en vakansie hou.

Teen dag 3 kry ons ons op die hitte van die dag (42’C) ‘n reuse sny in ons low-profile band, moet langs die pad die wiel omruil en die moeilike besluit maak: óf ons moet met die mariebiscuit-spaarwiel aanry na die volgende dorp en kyk of ons die band kan lap óf ons moet terugdraai na SA en ons toer halfpad los. Ons besluit om aan te ry en FH vra Dalene om te Google watter bandeplek in die volgende dorp/stad hulle sal regkom. Sy ken Mosam en weet jy gaan niks op Google wys word nie, maar doen dit in elk geval, lees iets op ‘n 4×4 forum en omskep dit in ‘n baie gerusstellende storie.

Die bandeplek in die volgende dorp is toe al die tyd ‘n stoor so groot soos ‘n enkelgarage waar twee tieners met ‘n ysterpaal, baie spierkrag en ‘n watertrog bande regmaak. Via gebroke Portugees en Engels, Google Translate en prentjies teken in die sand verstaan alle partye mekaar en die manne lap die band binne én buite! Die koue Coke by die stalletjie langsaan was die lekkerste in die wêreld. Ons eindbestemming was die pragtige kusdorp Vilankulos en dit is waar ons op Big Birding Day (30 Nov 2019) verloof geraak het.

FH het ‘n bootrit gereël sodat hy BAIE voëls kon kyk (dit is immers die doel van Big Birding Day en die crux van ons trip na Mosam) en Dalene het gewillig ‘n piekniekmandjie gepak vir die dag. Min het sy geweet dat die voëls op hierdie dag net ‘n bysaak gaan wees. Ons het met sonsopkoms vertrek om die getye reg te vang en op verlate sandbanke en eilandjies afgeklim om eksotiese skulpe te bewonder. Teen 08:30 stop ons by Bazarutu en klim die grootste sandduin uit.

Bo-op die kruin hou ons piekniek en Dalene verkyk haar só aan die geelbekwoue dat sy nie eens agterkom FH probeer om ‘n diep gesprek te hê nie. Op een knie teen die sandduin vra hy toe die groot vraag! Die res van die dag het hulle gaan piekniek hou op ‘n ander eiland, geswem in die louwarm water en gaan snorkel by Second Mile Reef. Die middag het ons ons eie selftimer fotosessie op die strand gehou en die aand heerlike seekos gaan eet. Die res van die trip se voëlskyk het redelik goed verloop en die gelapte band sou ons nog al die pad tot terug in JHB hou.”

Live Band: Andre & The Swingers; Flowers: The Rose Room; Dress: Cindy BamMUA: Blush Babe; Cake: Kanya Hunt  (The Hunt House Kitchen); Groom’s tie: WEEF WARE; Goom Suit: Custome made: Tux Tailor Hout Bay; Rings: Daniël Jacobs Jewellery Design

wedding at zorgvliet - the chapel wedding at zorgvliet- the reception hall wedding at zorgvliet - bride portrait wedding at zorgvliet - bride walking to car wedding at zorgvliet - the ceremony wedding at zorgvliet - couple walking through confetti wedding at zorgvliet - andre and the swingers perform live wedding at zorgvliet - andre and the swingers perform live wedding at zorgvliet - groom singing a song for the bride wedding at zorgvliet - couple with moutains wedding at zorgvliet - couple with mountains in background

Click here to read more about the experience of working with me.

0 Shares

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *